Laerskool Magalieskruin
4de Kwartaal Skool tenniskampioenskappe Inskrywingsvorm
Magalieskruin Skoolspanne
Foto Album op Facebook - Laerskool Magalieskruin; Skool tennisspanne ens. >>>

LTA hanteer die Tennisafrigting by Laerskool Magalieskruin. Mini-tennis word aangebied vir die Gr 0 en Gr 1 kinders.
Groepe word gevoed vanuit die Mini-tennis groepies of kinders wat al kan speel. 'n Groeples het nie meer as 6 kinders in nie. Semi-individuele afrigting se getalle word beperk tot maksimum 3 kinders.
Individuele afrigting asook Squad Oefening word gereël.

Laerskool Magalieskruin Pretoggend 4 April 2011.
Wat ’n heerlike pretoggend! Dankie vir die ouers en die 40 kinders wat kom deelneem het. Almal kon kom deelneem. Daar was beginners wat nog nie voorheen veel gespeel het nie asook verskeie ligaspelers wat kan speel. Ons tema was spandeelname!
Ons het begin met opwarming en strekoefeninge. Daarna het ons voetwerk in groepe met 4 verskillende stasies gedoen. Vir die laaste 2 ure was ons net op die bane besig om te speel. Alles was gedoen in span verband. Daar is begin met ’n afslaan en die punt is uitgespeel.
Verskeie speletjies en ander aktiwiteite is tussenin gedoen.

Pretoggend Foto’s op Facebook
Laerskool Magalieskruin, Leefstyl C Foto Album op Facebook >>>
For general tennis enquiries, kindly send an e-Mail to info@lifestyletennisacademy.co.za or contact Danie Strydom on 082 779 2431.
[ Back to top ]



