Skip to: Site menu | Main content

Tennis Clinics and Round Robins / Tennisklinieke en Rondomtalies (Zambesi Tennis Club - Zambesi Tennisklub)

Geagte Ouer en Speler, 
Ons bied van tyd tot tyd tennisklinieke en rondomtalies te Zambesi Tennisklub in Montana aan. Die doel van die klinieke en rondomtalies is om alle spelers te help om hul spel te verbeter, ongeag van hul vlak en doelwitte.

Ons spreek die verskillende areas van tennis aan met die fokus op baie punte speel, gebaseer op die verskillende situasies wat ʼn speler hom/haarself in kan bevind.

Die spelers moet leer om goed te kan beweeg, goeie balans ten alle tye te behou en ook die vlug van die bal te kan bepaal. Spelers moes ook leer wanneer om aanvallend te speel en somtyds ook te kan verdedig.

Ons doen ʼn beroep op die spelers om soveel moontlik te speel en by die skool deel te neem. Toernooie in die vakansies moet ook bygebring word.

Dubbels Rondomtalie Zambesi Tennisklub 27 September 2011 >>>

 

home

For general tennis enquiries, kindly send an e-Mail to info@lifestyletennisacademy.co.za or contact Danie Strydom on 082 779 2431.